DIE HELINGSKRAG VAN BLYDSKAP

“’n Vrolike hart bevorder die genesing…” (Spr 17:22).
“A joyful heart is good medicine…” (Amplified Bible).

Blydskap het ‘n unieke genesende uitwerking op die menslike liggaam.

Navorsing het onder andere die volgende bevindings gemaak:

  • Blydskap bevorder die immuniteitsisteem.
  • Lewensvreugde bevorder die selle wat inflammasie beveg.
  • Die vertoning van humoristiese beeldmateriaal aan siek pasiente in
    hospitale, het spoediger genesing tot gevolg gehad.

In ander navorsing, is ‘n humoristiese video aan 16 gesonde mans vertoon, en die volgende is bevind:
Byna almal se streshormoon, kortisol, het met 39% geval. (Baie hoe vlakke kortisol wat te lank in die bloedstroom aanwesig is, het dieselfde uitwerking as suur, en brand die are en organe).

Adrenalien vlakke het tot 70% geval. (Oorafskeiding van adrenalien beskadig onder andere bloedvate, verhoog bloeddruk, en verhoog die risiko van hartaanvalle of beroertes).

Groeihormone het tot 87% gestyg. (Groeihormone is belangrik vir onder andere die volgende: dit versnel metabolisme, verbrand vetterige neerslae, verjong selle, versnel wond genesing, en bevorder die liggaam se algehele uithouvermoe).

Verskeie faktore speel ‘n rol in die bevordering van gesondheid, waarvan blydskap dus ook ‘n baie belangrike faktor is.

Onderhou dus jou blydskap:

1. Vind eerstens vreugde in jou verhouding met God (1983 Vertaling Ps 37:4,5).
2.Fokus op die dinge daarbo, en nie op die aardse nie (Koll 3:2).
3.Bid die Heilige Gees om jou te beinvloed met Sy blydskap (Gal 5:22).
4.Kweek ‘n gesindheid van dankbaarheid (1 Thess 5:18).
5.Weer chroniese verdriet uit jou hart (Pred 11:10).
6.Doen eerbare dinge wat jou blydskap bevorder, en geniet jou seeninge.