Druk word op tweerlei wyses beleef: ekstern of intern. Die veeleisendheid van die werksplek, of sukkelende sosio-ekonomiese klimaat is voorbeelde van eksterne druk. Dit is egter die interne druk van ongekontroleerde spanning, angstigheid, frustrasie, ensomeer, wat mense in duie laat stort.

HOE OM DRUK SUKSESVOL TE VERWERK

1.Konfronteer Druk.
Druk gaan nie vanself weg nie. Die konfrontasie daarvan sal ‘n gevoel van beheer teweegbring, wat baie noodsaaklik is.

2.Ontleed en Herstruktureer.
Ontleed jou omstandighede. Identifiseer die stressors (werksdruk, gewigtige skedules, persoonlike krisisse, verhoudingsprobleme, ensovoorts), en herstruktureer na ‘n vlak waar jy verligting kan verkry.

3.Organiseer.
3.1.Organiseer jou denke. Volgens Spreuke 23:7 is ‘n mens wat jy dink. Ineenstorting, siekte of teenspoed het dikwels hul oorsprong in die denke. Organiseer jou denke positief. ‘n Mens word en ontvang wat jy dink.
3.2.Organiseer jou emosies.
‘n Wyse slagspreuk lui: “As die emosie styg, daal die intellek”. Onbeheersde emosies sal verkeerde besluite en gesindhede tot gevolg he. Deel met vrees, woede en frustrasie, en verwelkom
weer die Heilige Gees se krag tot selfbeheersing (Gal 5:22).
3.3.Organiseer jou lewe nuut.
Intense druk kan ‘n mens magteloos en rigtingloos laat. Organiseer jou lewe nuut en skryf jou persoonlike lewensboek vol avontuurlike hoofstukke. Elkeen moet sy eie storie lees.

4.Anker jou geloofslewe.
Stimuleer jou geloofslewe deur Woordstudie en leesstof deur geloofshelde. Kombineer gebed daarmee, en ervaar hoedat God jou aanraak met Sy vrede en versterking om jou lewensreis in Sy rus voort te sit. Hy wat voor die Almagtige kniel, kan voor enige magtige situasie
staan!