Een van die grootste vrese van die mens is om verlaat te word. Niemand wil verlaat word nie. Selfs toe Jesus aan die Kruis gehang het, het Hy uitgeroep en gesê: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” – Matteus 27:46 (OV).

Die belofte in die Woord Die mens het altyd soveel gerusstelling nodig dat daar mense om hom sal wees, dat daar ondersteuning wees en veral – dat God by hom sal wees. Moses het daarom vir Josua voor die hele volk met dié woorde geseën: “En dit is die Here wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie …” – Deuteronomium 31:8.

Dawid herhaal dieselfde versekering aan sy seun, Salomo: “Wees sterk en vol moed … vrees nie en wees nie verskrik nie, want die Here God, my God, al met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie …” – 1 Kronieke 28:20. Gerusstelling ook vir jou Ek gee vir jou vandag Hebreërs 13:5 wat sê: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” Watter gerusstelling is dit nie? God se belofte aan ons is dat Hy ons nooit begewe en nooit verlaat nie.

Ek wil hierdie teksvers vir jou gee soos dit geskryf is in die Amplified-bybel, daar word dit so gestel: “I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless nor let you down nor relax My hold on you. Assuredly not.”