KOM TELEURSTELLING TE BOWE
Teleurstelling is ‘n onaangename ervaring, wat ons graag wil vermy. Dit is egter ‘n ondervinding wat ‘n paar keer oor ons lewens sal stap.
Die gevoelens van hartseer, mislukking, verwarring en verslaenheid kan so oorweldigend wees, dat jy dit moeilik vind om verder produktief te funksioneer. Dit kan jou denkwêreld saboteur tot ‘n donker kolk van negatiwiteit, wat jou slapelose nagte besorg, en jou gesondheid kelder.
SES MANIERE OM TELEURSTELLING TE OORKOM
1.MOENIE DIE TELEURSTELLING OORDINK NIE.
Daar is nie antwoorde op al ons vrae nie, en ‘n gebroei oor teleurstelling sal net lei tot uitputting. Begin jou gedagtes en emosionele energie vestig op die positiewe.
2.WAAK TEEN VEROORDELING.
Selfveroordeling of veroordeling van ander sal jou innerlike toestand versleg. Vergewe waar nodig (ook jouself), en die deur na heling word
geopen.
3.MOENIE VEREWIG TREUR NIE.
Alhoewel almal nie op dieselfde wyse en teen die dieselfde tempo treur nie, moet daar ‘n afsnypunt aanbreek. Besluit om op te hou treur oor
teleurstelling.
4.PAS AAN.
Teleurstelling verg aanpassing, wat nie altyd maklik is nie, maar tog moontlik is. Herposisioneer jouself, en kry al die faktore bymekaar wat
nodig sal wees om jouself weer te anker.
5.BEWEEG AAN.
Die teleurstelling het gebeur. Kyk wat jy daaruit kan leer – en beweeg aan met jou lewe. Beplan jou lewe nuut, stel ander doelwitte op, soek nuwe avonture op en raak weer entoesiasties oor jou persoonlike lewe.
6.HOU AAN GROEI.
Iets wat nie groei nie, gaan dood. Teleurstelling bewerk juis dikwels die beste groei. Hou aan groei, en lewe!
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Fill 4:13).