
Die profeet, Elia, het gebid, en vir ‘n tydperk van drie jaar en ses maande het dit nie
gereën nie (Jakobus 5:17). God het toe aan Elia bevel gegee om tydens hierdie
droogte by die spruit Krit te gaan woon.
Kraaie sou hom daar onderhou, deur smôrens en saans vir hom brood en vleis bring
as voedsel (1 Konings 17:1-9).
INTERESSANTHEDE OOR DIE KRAAI
Het u al ooit gewonder hoekom God juis kraaie gebruik het?
1.Die kraai is die mees intelligente van alle voëlsoorte.
Hy leer byvoorbeeld vinniger praat as enige papegaai.
Goeie intelligense sou dus nodig wees om struktuur, deeglikheid,
en konstante pligsgetrouheid te handhaaf in Elia se versorging.
2.Kraaie se geheue oortref ander voëls se geheue, daarom onthou hy
gesigte ook langer, wat veral in Elia se geval noodsaaklik sou wees vir sy
langtermyn versorging.
3.Kraaie beplan.
Dit is die enigste voël wat beskikbare voorwerpe sal gebruik om kos, wat
moeilik toeganklik is, te probeer bekom.
Sodra kos bekom is, beplan hulle ook sommer ‘n goeie wegsteekplek.
Goeie beplanning het 2,000 etes vir ‘n periode van drie jaar en ses maande
aan Elia voorsien.
4.Kraaie kan baie vêr vlieg, en vlieg maklik tot 160 kilometer per dag.
Baie kilometers sou afgelê moes word in Elia se daaglikse versorging.
5.Alhoewel in die Ou Testament beskou as onrein, en vandag geklassifiseer
as aasdiere, maak kraaie graag ook jag op lewendige prooi soos hase, dassies,
ensomeer. In die lig hiervan het God die beste belang voor oë gehad vir Elia.
VYF LESSE
1.God gebruik wie Hy wil. Dit is heel dikwels nie die vooraanstaandes en
koninklikes in die meslike oog, wat Hy uitstuur om Sy wil uit te voer nie, maar
juis hulle wat as kraaie, swak of dwaas geag word (1 Kor 1:27).
Ontvang en eer dus die sogenaamde kraaie wat God oor jou pad stuur, om ‘n
Goddelike rol te vervul.
2.God werk soos Hy wil. Ons klou vas aan vooropgestelde en menslik’
aanvaarbare idee’s, en betwyfel God se betrokkenheid wanneer Hy nie
daarvolgens optree nie, en dit terwyl Hy altyddeur besig is om te werk in ons
lewens – maar op Sy manier. Dit is juis hierdeur waarin ons wonderlike
openbarings van die Almagtige God beleef.
3.Wees verseker dat God, soos met Elia, elke dag vir jou sal voorsien – ook ten
tyde van persoonlike droogtes. Beplanning is goed, maar bevat geen
waarborge nie. God daarteenoor is ewig betroubaar en getrou vir elke dag se
voorsiening. “My tye is in U hand” (Ps 31:16).
4.God verplant ons voortdurend. Elia was ‘n paar keer verplant. In hierdie geval
het God Elia se spruit laat opdroog en hom vandaar weer verplant na Sarfat.
Wanneer God seisoene laat opdroog in ons lewens, is dit omdat nuwe
verplantings oppad is. Bowendien, as die spruit aanhou bruis, sal ons bes moontlik nie ‘n rigting
verandering deur God, oorweeg of gehoorsaam nie.
Hierdie voortdurende verplantings is noodsaaklik want dit voorkom
stagnansie, en bewerk bevordering van insig, groei en Godsvrug in ons
lewens.
5.God het in Elia se beste belang, kraaie en ‘n weduwee aangestel met
spesifieke opdragte hoe om hom te versorg.
Vir elke seisoen in jou lewe, somer of winter, stel God iemand met duidelike
opdragte aan, om jou te ondersteun en te versorg, met die oog op jou beste
belang.
