Die jaar 2020 was ‘n jaar van internasionale chaos en groot krisisse.
‘n Nuwe jaar lê nou uitgestrek voor ons, terwyl miljoene steeds in ‘n emosionele- en finansiële herstelproses verkeer.
Die mensdom is gedreineer, en talle voel depressief en ongemotiveerd vir die toekoms.

Volgens die Wêreld Gesondheid Organisasie toon selfmoord sedert die covid 19 pandemie, ‘n drastiese toename, teenoor vorige jare se 800,000 selfmoorde per jaar.
‘n Onlangse studie in die VSA het bevind dat 25% van jongmense tussen die ouderdomme van 18-24 jaar, selfmoord oorweeg.
Die redes: Onsekerheid, Angs, Wanhoop, Gevoelens van mislukking, Swak of geen vooruitsigte vir die toekoms.

In tye van groot krisisse, is daar een van twee benaderings om te volg:
Ontvlug of Staan op! Selfmoord is ‘n hartseer benadering van ontvlugting.
Die keuse om op te staan is ‘n doelgerigte keuse, wat ‘n lewe weer vul met sin, rigting en belofte.

Om op te staan, behels die volgende:

1.Leef toekomsgerig.

(Fill 3:14) “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en
strek my uit na wat voor is”.

2.Bly altyd hoopvol.

(Psa 71:14) “Maar ék sal altyddeur hoop”.

3.Beplan jou lewe nuut.

(Jer 31:21) “Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers”.

4.Hou jou drome lewendig deur gebed.

(Fill 4:6) “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in
alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God”.

5.Glo, en verwag die goeie.

(Mat 9:29) “Laat dit vir julle wees volgens julle geloof”.

Jy kan opstaan!