Ps 23:5
Die tradisionele skaapherder se uitrusting het bestaan uit ‘n staf, knopkierie, slingervel en olyfolie.
In somermaande is neusvliee baie aktief onder skape. Neusvliee le larwes in en om skape se neusgate, wat heg aan die slymvliese en dan opbeweeg na die skaap se neusholtes en frontale sinusse, waar hulle groei. Hulle kan vir maande in skape bly, en word op ‘n latere stadium as papies uitgenies, wat na ‘n paar weke as vliee verskyn.
Neuswurm besmetting veroorsaak rusteloosheid en geirriteerdheid by skape. Hulle sal soms hul voorpote stamp of net verwilderd begin hardloop. Neuswurm infektering het afname in kondisie en wolproduksie tot gevolg. Larwes kan selfs die skaap se brein bereik, en depressie, blindheid en vrekte veroorsaak. Om hierdie toestand te verhoed, het die herder gereeld olyfolie op die skaap se kop en om sy neus gesmeer. Neusvlieg larwes sou dan nie kon heg aan neus slymvliese nie.
“Beelsebul” is een van die name van satan, en beteken “heerser van die vliee”. Sy strategie stem baie ooreen met die neuswurm vlieg, wat spreekwoordelik die menslike verstand as prominente slagveld infiltreer, en geestelike verblinding, versoekings en allerlei teistering bewerk. Konstante bose infektering op hierdie vlak het geestelike sowel as emosionele agteruitgang tot gevolg.
Bekamping hiervan geskied deur ‘n voortdurende wandel en beinvloeding deur die Heilige Gees, wat as olie gesimboliseer word. Sy innerlike teenwoordigheid en werking hou jou geestelik gesond en produktief, en verhoed die hegting van boosheid in die binnewereld van die Christen. Daarom, blus die Gees nie uit nie, maar word vervul met die Gees (1 Thess 5:19; Efe 5:18).
U MAAK MY HOOF VET MET OLIE!