Voortslepende krisisse lei soms tot stelselmatige uitputting.
Dit is dikwels die produktiefste mense en leiers, wat ten tyde van krisisse die swaarste getref word deur uitputting.
VYF TEKENS VAN UITPUTTING
1.SWAARMOEDIGHEID.
Christene voel soms skuldig oor die aanwesigheid van hierdie donker emosie, maar onthou dat groot profete van God ook soms swaarmoedigheid beleef het, en God se liefde en trou nie daardeur ingeperk is nie.
2.APATIE.
Uitputting wek dikwels apatie teen leed, net omdat jy te moeg en kragteloos is om verdere verantwoordelikheid daarvoor te neem. Dit is asof jy nie meer omgee wat kan gebeur nie. Apatie kan ook ‘n geestelike vorm van geloofsverbrokkeling aanneem, wat ‘n normale sowel as tydelike gevolg van uitputting is.
3.EENSAAMHEID.
Leiers is huiwerig om enige persoonlike insinking te openbaar, en vereensaam dan maklik in ‘n geheime wereld van isolasie en selfkastyding.
4.MINDERWAARDIGHEID.
Die leier wat op die laagtepunt van uitputting is, begin worstel met gevoelens van minderwaardigheid. Besef net dat uitputting nie ‘n swakheid is nie, maar ‘n natuurlike reaksie op langdurige druk en stres.
5.MISLUKKING.
Uitputting laat jou alle vorige suksesse vergeet, en fokus jou denke op jou slegte ervaring van persoonlike insinking, wat jou soos ‘n mislukking laat voel.
OORKOM UITPUTTING
1.RUS.
Vir herstel, het jou liggaam en siel genoegsame rus nodig.
2.RAAK STIL.
Ons ontmoet God in stil-wees. Nuwe aanrakings en nuwe perspektiewe word in hierdie wonderlike ruimte gebore.
3.DELEGEER.
Deel jou verantwoordelikhede, en vertrou ander daarmee.
4.LEEF.
Jy mag ook leef. Gee weer aandag aan ‘n vervullende leefstyl waarin jy ook jou eie geluk en wel-wees bevorder.